Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 16 AUGUSTUS 2015

Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 SAST in Afrikaans en om 08:30 SAST Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN VANDAG SE NUUS

ANTENNA VEDEDIGINGS FONDS INISIATIEF MAAK VORDERING
LANG AFSTAND RADIO SEINE
TYD VIR DIE RAE REGISTRASIE LOOP UIT



** Vanmiddag van 13:00 tot 16:30 UTC kan jy deelneem aan die HF Digitale kompetisie met PSK en RTD werking op 3 580 tot 3 600 kHz; 7 040 tot 7 060 kHz en 14 070 tot 14 099 kHz. Jy kan deelneem as 'n enkel operateur enkel band stasie, 'n enkel operateur multi band stasie, 'n multi operateur enkel band stasie of 'n multi operateur multi band stasie. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Digitale kontakte tel 2 punte. Tel 2 punte vir elke roep gebied gewerk per band en tel 2 punte vir elke stasie wat op al drie bande gewerk is. Logstate moet in ADIF, Cabrillo of MS Excel formaat teen middernag 23 Augustus 2015 per e-pos aan zs4bfn@gmail.com gestuur word. Moet asseblief nie jou logstaat as 'n jpg, png of PDF leer stuur nie. Lees die reëls in die 2015 Blouboek.



** Die afvaardiging van die SARL getaak met die Antenne verdedigings fonds het die afgelope week vergader met die visie voorsitter van die Suid Afrikaanse plaaslike regerings vereniging, raadslid MphoNawa vergader. Hierdie vergadering is gehou by die kamers van die Wes Rand streek munisipaliteit. Raadslid Nawa dien ook as uitvoerende burgemeester van hierdie munisipaliteit.

Die komitee het ʼn voorlegging gedoen oor die verskeie belangrike aspekte van amateurradio met die fokus op noodkommunikasie tydens noodsituasies en rampe. Die afvaardiging het ook die probleme wat radio amateurs ondervind in die oprigting van antenne strukture in woongebiede uitgelig.

Raadslid Nawa het onderneem om hierdie probleme tydens ʼn vergadering met die minister van samewerkende regering, PravinGorhan, aan te roer. Hierdie vergadering sou die afgelope Donderdag 13 Augustus plaasvind. Raadslid Nawa het ook onderneem om die versoek op die volgende vergadering se notule te plaas sodat die SARL ook daar verteenwoordig kan word om ons standpunt daar te stel.

Hierdie is ʼn reuse stap in die regte rigting.

** Die tyd, vir besprekings vir die ARiA simposium in Pretoria en Johannesburg word al minder.Die Amateurradio in Aksie simposia, voorheen bekend as die Radio Tegnologie in Aksie of te wel RTA simposiums beloof om weereens baie opwindend te wes. Hierdie jaar takel die projek ʼn selfdoen frekwensieteller projek. Om die projek te kan bekom moet jy inskryf vir die simposium. Doen dit sommer nou

** NASA se Voyager ruimtetuig het onlangs die diep ruimte betree en is tans sowat 16,5 biljoen kilometer vanaf die aarde. NASA se diep ruimte netwerk, wat bestaan uit drie ontvangstasies naamlik Goldstone, naby Barstow in Kalifornië, en twee stasies een naby Madrid en een naby Canbera Australië, maak gebruik van ʼn 2114 gHz opskakel en twee afskakels op 2296 en 8415 gHz. Tans neem dit radioseine ongeveer 18 uur om die afstand tussen die aarde en hierdie klein satelliet af te lê met ʼn retoer lopie wat ongeveer 36 uur neem. Dit gaan gewis deur as die langste radio kommunikasie afstand nog ooit.

** Daar is slegs twee en 'n half weke oor vir kandidate om te registreer vir die RAE eksamen. Registrasies sluit om middernag op die 3de September 2015. Alle registrasies moet op die elektroniese RAE registrasie stelsel gedoen word. Eksamen opsieners en kandidate word daaraan herinner om die volgende dokumente op die RAE stelsel op te laai:
Kopie van identiteitsdokumente
Voltooide ICASA Handtekening vorm
Bewys van betaling
Nie-Suid Afrikaanse burgers bewys van residensie
Die RAE fooie sluit die volgende in:
ICASA aansoek fooi
Eerste jaar of gedeelte daarvan vir amateur radio lisensie
Gratis lidmaatskap van die SARL vir huidige jaar.


** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:
ZSL1167:AadilLagardien
ZSL1168:Gavin Howard Badenhorst

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.


** Die Middelburg klub, ZS6OTL, gaan op die 5de September 2015 'n veldstasie oprig by Buffalo Gorge in Middelburg, Mpumalanga en gesels onder die roepsein ZS6OTL op die HF vanaf 08:00 op 40m - 7080Mhz tot die band toe maak.

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 29 Augustus 2015 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Johan ZS6JVV 082 558 5811.


** Voorlopige uitslae van die Suid-Afrikaanse Radioliga se HF Fone kompetisie. Die kompetisie komitee het 34 logstate ontvang vir die HF Foon kompetisie gehou op Sondag 2 Augustus. Daar was geen multi-operateur stasies nie

1ste Hans Kappetijn, ZS6KR, 144 punte
2de Romeo Nardini, ZS6ARQ, 137 punte
3de Pam Momberg, ZS6APT, 132 punte

Die hoogste telling op 'n enkel band
1ste Hans Kappetijn, ZS6KR, 106 punte op 40 m
2de Romeo Nardini, ZS6ARQ, 100 punte op 40 m

Klub Kompetisie

1ste Pretoria ARK, 402 punte
2de Wesrand ARK, 351 punte
3de Bloemfontein ARK, 163 punte
4de Centurion ARK, 155 punte

Baie geluk aan die wenners, die volledige uitslae is beskikbaar in die HF Happenings nuusbrief

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Nuwe sonvlek AR2400 groei stadig maar is andersins stabiel.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 25 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Dagboek van gebeure
16 Augustus - Die internasionale vuurtoring en ligskip naweek
Ook vandag die SARL HF Digitale wedstryd tussen 13 en 16 uur 30 UTC
22 Augustus HAMRADIO Africa
29 Augustus Wes Rand Amateurradio klub snuffelmark
En 30 Augustus die SARL HF Gelykgolf wedstryd
Om af te sluit 'n kort terugblik op ons hoofberig: Vanmiddag van 13:00 tot 16:30 UTC kan jy deelneem aan die HF Digitale kompetisie met PSK en RTD werking op 3 580 tot 3 600 kHz; 7 040 tot 7 060 kHz en 14 070 tot 14 099 kHz.


En dit bring ons aan die einde van hierdie nuusbulletin


** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'newsinbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.



Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.


Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deurEtienne Naude, ZS6EFN, en gelees deur ................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/ EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003